Die Griekwastad Moorde

R 87.00  

Title: Die Griekwastad Moorde
Author: Jacques Steenkamp
Publisher: Zebra Press (2014)
ISBN-13: 9781770225626
Condition: Very Good
Binding: Softcover
Pages: 372
Dimensions: 22.7 x 15.0 x 3.0 cm

Weight: 0.3 kg


Die vrede en stilte wat die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad omvou het, is kort ná skemer op Goeie Vrydag, 6 April 2012, versteur toe n jong tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag gekom het en met skreeuende remme voor die plaaslike en byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. Dit was net voor 19:00 toe Don Steenkamp, slegs geklee in sy blou rugbybroekie, uit die voertuig gespring en, oortrek met bloed, die aanklagkantoor binnegehardloop het om die polisiebeamptes mee te deel dat sy ouers en suster op die familieplaas, Naauwhoek, wreedaardig geskiet en vermoor is.

Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg 'n plaasmoord was, is 'n sestienjarige seun maande later gearresteer, wat tot 'n reeks gebeurtenisse gelei het wat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastadverdeel sou laat. Dit is die aangrypende vertelling van wat werklik op die plaas Naauwhoekop daardie noodlottige dag gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het.


Compare prices on AbeBooks (USD)
  • Visa
  • MasterCard
  • Bitcoin
  • InstantEFT
  • PayFast