Albert Wessels Plaasseun en Nyweraar (Inscribed by the Author)

R 300.00  

Title: Albert Wessels Plaasseun en Nyweraar
Author: Albert Wessels
Publisher: Perskor-Uitgewery (1987 - First Edition)
ISBN-10: 0628031386
Condition: Very Good, Slight rubbing along the edges of the boards
Binding: Hard Cover with Dust Jacket
Pages: 220
Dimensions: 24.7 x 15.6 x 2.0 cm

Weight: 0.6 kg

Only one item in stock


Hierdie outobiografie van dr. Albert Wessels is nie alleen die besondere lewensverhaal van een van Suid-Afrika Se Voorste nyweraars nie; dit is ook 'n familiestorie, 'n sakegeskiedenis, 'n suksesresep, en 'n politieke vertelling. En daar is min boeke wat so 'n begrip gee van die moderne Afrikaner soos dié. Dr. wessels is 'n spesiale mens. Hy is veel meer as 'n bloot suksesvolle sakerman. Terwyl hy sy groot nywerhede uitgebou het, het hy nog steed sy wye belangstelling in kulturele aangeleenthede, opvoeding en veral land- en volksake gehandhaaf. Sy uitkyk is breed en sy insigte skerp; sy menslike waarnemings is raak. hy is 'n volronde mens, maar ook 'n heel beskerie persoon. Dit alles maak hom 'n sakeleier van seldsame formaat, 'n energieke man van die daad sowel as 'n wyse man van die mense boeke. Op sakevlak handel dr. wessels se outobiografie met die uitbouing van Veka, een van ons groot klerevervaardigers, en veral met die groei van die motor-reus Toyota Suid-Afrika, met sy huidige bates van R670-miljoen en 'n omset van oor die R1-miljard. In 'n ander sin is dit ook 'n Suid-Afrikaanse handleiding vir beklemtoning van die organisatoriese en die menslike faktore in 'n onderneming. Dr. Wessels bied ook 'n ontleding van Japan se nywerheidsukses aan; en die boek is "n gids van hoe 'n mens met die Japanners sake doen en veral saamwerk. Dr. Wessels het klein begin, groot vermag; en sy lewensverhaal staan as inspirasie en aanmoedinging vir alle jong Suid-Afrikaners om in te spring met die opwindende bouwerk wat nog in ons land uitgevoer moet word. Dit is dan ook geen wonder nie dat sy besondere loopbaan so pas bekroon is met die hoogste toekenning vir burgerlike diens aan Suid-Afrika: Die Orde vir Voortreflike Diens.



Compare prices on AbeBooks (USD)
  • Visa
  • MasterCard
  • Bitcoin
  • InstantEFT
  • PayFast